Orania lewe! Dit lewe van entoesiasme en ondernemingsgees. Meer nog, dit lewe, want hier woon mense. Die dorp wat vroeër deur die Departement van Waterwese gebou is en jare leeg gestaan het, is vandag wêreldwyd bekend as tuiste van Afrikaners.
OMGEWING
Orania is in die Noordkaap-provinsie, 164 kilometer van Kimberley en 240 kilometer vanaf Bloemfontein. Die dorp is geleë aan die oewer van die Oranjerivier en word omring deur uitgestrekte karooveld. Die plantegroei is tipiese karoobossies en nader aan die oewer word pragtige groot bome aangetref, onder andere karee- en witkaree-, blinkblaarwag-'n -bietjie, witgat- en soet-doringbome. In die winter kan 'n aantal inheemse blomsoorte hier gesien word. Kleinwild kom volop voor en 'n groot verskeidenheid voëls, wat watervoëls insluit, is reeds deur voëlkykgeesdriftiges aangeteken.
Die Oranjerivier vloei hier taamlik wyd. Orania het lieflike sonsondergange en snags kan sterrekykers die onbesoedelde hemelruim bespied.
KLIMAAT
Orania val in 'n somerreënvalgebied en tipies aan die karooklimaat word die somers baie warm. Temperature wissel van 30°C tot 38°C en selfs meer. Winters word deur snerpende koue nagte, maar heerlike dae gekenmerk. In die lente en herfs is die klimaat baie matig
The Capital City Business Chamber (CCBC) is an innovative organization working for the success of the Business Community in the Capital City (Pretoria/Tshwane) of South Africa
Capital City Business Chamber
41 Kitshoff Street,
Rosslyn Pretoria, Gauteng 0182
Tel: 012 542 1308
E Email: info@ccbc.co.za